Chemiese formule

Isomere wat dieselfde chemiese formule C2H6O het.
alkohol
dimetieleter

'n Chemiese formule soos H2O of YBa2Cu3O7-x is 'n manier om inligting weer te gee oor die atome waaruit 'n spesifieke chemiese verbinding bestaan en oor hoe die verhouding tussen daardie atome verander tydens chemiese reaksies. In 'n molekulêre verbinding word elke element in die verbinding geïdentifiseer deur sy chemiese simbool asook die aantal atome wat in elke molekule van daardie verbinding aangetref word. As 'n molekule meer as een atoom van 'n spesifieke element bevat word hierdie hoeveelheid met 'n onderskrif na die chemiese simbool aangedui. Vir ioniese verbindings en ander nie-molekulêre stowwe dui die onderskrif die verhouding van elemente in die empiriese formule aan.

Die 19de eeuse Sweedse chemikus Jöns Jakob Berzelius het hierdie stelsel vir die neerskryf van chemiese formules ontwikkel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search